April 2008

Een paar foto's van het plaatsje le Roux in Frankrijk. Het plaatsje ligt in de Franse Ardeche. De Hugenoten kwamen ook hoofdzakelijk uit dat gebied. De grot op een van de foto's was een plaats waar de hugenoten samen kwamen.

Groeten uit Nederland.

Auke Sietsma

 

 

 

 

 

 

 

Wheelbarrow Walkers

This article appeared in the Vernon News on 5 May 1927, and was sent in by Pat Bayliss of Vernon, British Columbia, Canada – gaplanda@shaw.ca

 

. 

 

Globe walkers reach Sicamous

DJ le Roux and Wife, Walk and Push Barrow 11 377 Miles On World Tour

 

SICAMOUS, BC, May 2 – About 4:30pm last Saturday anyone looking East along the CPR (Canadian Pacific Railroad) track would have seen two khaki-clad figures walking toward Sicamous in a manner that indicated their expertness in that mode of travel.  The taller of the two, who was well over the six-foot mark, was wheeling a large sized wheelbarrow, which contained their baggage.  Traveller number two was much shorter and proud to be a member of the fair sex.  It soon transpired that these two people were DJ le Roux and his wife of Kimberley, South Africa, who had undertaken to walk around the World, wheeling a wheelbarrow.  In an interview later Mr and Mrs le Roux explained that their walk officially started at Johannesburg, which had a much larger population than their hometown of Kimberley, and was the gold centre.  The Deputy Mayor (later mayor) of Johannesburg signed the book that they carry and on the last day of the year 1922 the walk started.  Since that time many countries have been visited, the first frontier to be crossed was Portuguese East Africa, which was on January 1st, 1924.  Eleven Capitals have been visited and as the Le Roux’s make a point of visiting the Capital of each country entered we conclude that they have passed through that number of Countries.  Many notables have been met amongst whom was Signer Mussolini.  While going through Italy, Mr Le Roux claimed to have passed within a few yards of the body of the slain deputy, Matteotti.  Switzerland, France and then England were visited landing in Hull.  These travellers noted that hotel charges in England were high;  while on all sides there was evidence of dire poverty.  Wembley Exhibition was visited and praise was accorded the Canadian Exhibits, which made a great impression.  They landed at Montreal June 1925.  For four months the winter weather held them at Ignace.  From Fort William to Winnipeg they walked on the railway track.  It was explained that the CPR had allowed them the privilege of using the track whenever they wished and that they would be warned of any danger.  Entry into BC was made at Crow’s Nest early last December, at Yahk the snow was so deep that they were forced to stay there for two and a half months.  Leaving Nelson Mr and Mrs le Roux came to Arrowhead by the “SS Minto”, walking to Revelstoke there connecting again with the main line. 

According to Mr le Roux’s figures on reaching Sicamous 11 377 miles had been covered on foot, while 11 000 miles was accounted for by water travel.  Twenty-two months have thus been consumed in travel from Montreal to Sicamous.  Asked as to the object of the walk, and if any bet had been made, the answer was that a book would be written on their experiences and that no wager had been considered in this feat.  It was also explained that a wheelbarrow was considered better than a pack as the lady’s baggage could more easily be carried that way and the temptation to accept a lift with a wheelbarrow was almost nil.  Three books are carried by these globetrotters, in which are date-stamped impressions of every post office of every place through which they pass and also the signature of the postmaster.  At each city the City Corporate Seal is affixed.  Mr and Mrs le Roux have still some thousands of miles to cover to accomplish their task, but we feel assured after having conversed with them, that their good spirits and determination will carry them through and the book, which results from this globe-encircling tour will surely be well worth reading.  We wish them the best of luck and all our good wishes.

 

 

 

This letter appeared in a publication of the Genealogical Society of SA. A photograph of the couple appears on page 466 of the publication Die families Le Roux in S.A. Mr D.J. le Roux was Daniel Johannes Pienaar le Roux a2b2c1d2e6f2g4h2, born 08.10.1875. He did the world trip with his second wife, whose name is unknown to us, and unfortunately died on the final stretch to Johannesburg, at Worcester, on 01.05.1929, six years and five months after starting out. 

 

If any reader has any more  information about this Le Roux couple, we’d like to hear it.

 

11 September 2007

Woedende olifantkoei ‘speel sokker met my’
Sep 11 2007 11:23:16:433PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Eugene le Roux gister in die Pilanesberg-reservaat. Die olifant op die agtergrond is nié die een wat met hom "sokker gespeel" het nie. Foto: Theana Calitz
Click here to find out more!
Elise Tempelhoff


’n Woedende olifantkoei het ’n veldwagter in die Pilanesberg-natuurreservaat 100 m ver gejaag, sy broek met haar tand oopgeskeur en “sokker met hom gespeel”.

Hierna, terwyl mnr. Eugene le Roux (29), hoofveldwagter van die Bakubung Bush Lodge, op sy rug gelê en die olifantkoei in die oë gekyk het, het hy gehoop sy dood kom gou.

“Ek het daar gelê; ’n ongelooflike rustigheid het oor my gekom terwyl ek haar in die oë gekyk het.

“Ek was seker sy gaan my doodmaak. Ek het gewonder: gaan dit gou wees? Gaan dit stadig wees? Gaan dit seer wees?

“Toe skud sy haar kop, draai om en loop in die bos weg agter die res van die teeltrop aan.

“Ek kon dit nie glo nie. Ek het opgestaan, teen ’n naboom gaan leun en gebid.”

Al wat hy kon sê was “dankie, Here” – ’n gebed wat hy sedert die voorval elke dag herhaal. Hy is lig beseer toe die olifant op sy regterhand getrap en sy linkerskouer gedeeltelik raakgetrap het.

Volgens Le Roux het hy voorverlede Vrydag vroeg die oggend saam met ’n kollega, mnr. Sean van Graan, ’n groep van vyf Amerikaanse toeriste gevat om in die veld te gaan stap. Teen ’n koppie het hulle takke hoor breek. Skielik was daar ’n getrompetter. “Dis olifante,” het hulle aan die toeriste gesê.

Die trop van sowat veertig was vermoedelik onbewus van die groep teen die koppie. “Hulle het met ’n spoed gekom en ons het besluit om verder weg in ’n noordwestelike rigting te beweeg. Die olifante het regs geswenk, in ’n wildpaadjie verbygehardloop en in die bos verdwyn,” het Le Roux gister vertel. “Ons het gewag tot als rustig raak en was net reg om weer te begin stap, toe Van Graan skreeu dat daar nóg olifante is.”

Dié tweede trop het ook reguit op die stappers afgepyl, maar weer het die windrigting gekeer dat hulle die stappers kon ruik. “Ek en Sean het besluit die olifante moet voorkeur kry. Ons moes uit hul pad beweeg, en vinnig ook.

“Die gaste was in hierdie stadium skrikkerig, maar ons het vir hulle gesê hulle moet vinnig beweeg.”

Hulle het toe op ’n drafstap laat spaander, en gelukkig het ’n reuse-trop buffels in hul pad op die vlug geslaan.

Die wind het egter gedraai en die matriarg het die groep mense geruik.

Sy was in daardie stadium byna bo-op die koppie en het botstil gaan staan, omgedraai en op die stappers afgestorm. “Ons het sulke diep Afrikaanse woorde vir haar geskreeu. Dis woorde wat ek nie kan herhaal nie, maar ons het vir haar geskreeu om te loop.”

Die matriarg het sowat twee meter voor Van Graan tot stilstand gekom, omgedraai en weggestap. “Ons het aan die benoude toeriste gesê dat die matriarg ons net wou toets. Sy moes ons skrik maak. Só sou die kalfies veilig bly. Ons wou net verder stap, toe Sean vir my skreeu: ‘daar is ’n (ander) olifantkoei agter jou!’ ”

“Ek het omgedraai en gesien die koei is woedend. Haar slurp was ingevou, haar ore plat en haar kop omlaag en sy het reguit op een van die vroue in die groep afgestorm.

“Ek het na dié vrou toe gehardloop en haar in ’n doringbos ingestamp. Toe ek omdraai, was die olifantkoei byna teenaan my. Ek het haar met die kolf van die jaggeweer teen die kop gestamp en begin hardloop.

“Sy is toe agter my aan. Ek het eers my rugsak afgegooi en gehoop dit sal haar aandag van my aflei. Dit het nie gehelp nie. Toe gooi ek my hoed af. Dit het ook nie gehelp nie.

“In ’n stadium het ek haar slurp in my linkersy gevoel. Ek het dit probeer wegklap, terwyl ek hardop bid: “Here, ek is nog nie reg nie!”

Die volgende oomblik het Le Roux die olifant se tand teen sy regterbobeen gevoel.

“Toe begin sy sokker speel met my. Ek het ’n klomp kere gerol. Ek het myself baie klein probeer oprol terwyl sy my heen en weer gerol het. Toe land ek op my rug. Dis toe dat ons vir sekondes in mekaar se oë kyk, sy haar kop skud, omdraai en wegstap.”

Van Graan het Le Roux gaan haal en die paramedici by Sun City gebel. Almal is vir skok behandel en die Amerikaanse vrou ook vir skraapwonde aan haar been.

BEELD

12 Maart 2007

Stigterslid en voormalige voorsitter Dr Willem G. le Roux vier sy 90ste verjaarsdag. Die huidige bestuur het 'n gelukwensing in Die Burger laat plaas.

Desember 2004:

Cobus le Roux van Bo-Radyn, Villiersdorp, se lewensverhaal, getiteld "Elke dag 'n vol dag", word uitgegee deur US Drukkery. Ongelukkig is dit reeds uitverkoop.

Julie 2006:

Nog 'n Le Roux-boek is "Uit die Koup", deur Piet le Roux, Die Oewers Uitgewers, Stellenbosch, 2003. 'n Baie gunstige resensie deur Hennie Aucamp verskyn in Die Burger van 3 Julie 2006. Die boek handel oor Piet se lewenservaringe in die Koup en bied kosbare insigte in die Karoo-lewe van ouds.

Intussen is die Bond se vorige voorsitter, Jean le Roux, nog ywerig besig met die reeks "Bewaarders van ons Erfenis", waarin die plaaseienaars van die Kaap Kolonie van 1850 per distrik gelys word. Die 21ste boekie het pas verskyn. Die publikasies is verkrygbaar by die Genealogiese Instituut op Stellenbosch.

Van die Noord-Amerikaanse Le Rouxs:

The LeRoux/Roux DNA Surname Project has been recently established through Family Tree DNA in order to assist genealogists with their family research. Because of surname spelling variations within related families,tracing an accurate ancestry through many generations within the LeRoux/Roux surname can be challenging. DNA testing is a useful tool in establishing or confirming a suspected lineage despite variations in surname spelling. For this reason, the LeRoux/Roux Surname Project serves all the following name variants: LeRoux, LaRoux, Roux, Rue, Laroux, Larue, leroux, lerue. Although this project was originally designed to include family lines that trace through the United States, Canada, and France, it is open to anyone worldwide interested in researching this surname.

This and other DNA surname projects work by comparing the Y chromosomes of males that share a surname (or close variation). By comparing how closely two mens Y chromosomes match, one can determine how closely related these individuals are, including how far back in time they share a common ancestor.

The more participants a project has, the more successful it will be showing how people are related.

We hope you will join us!

You can view the initial data of the LeRoux/Roux project by going to www.familytreedna.com and then search by surname for LeRoux or Roux. It will give you a link to the project page with the data collected thus far.

If you have any questions, you can contact me directly at dpleroux@comcast.net

I look forward to hearing from you.

David LeRoux

Beeld - 15 September 2006:

Witbank. - Al is die Groot Trek al meer as 160 jaar verby, kan jy die 79-jarige oom Hendrik le Roux net mooi niks vertel van ossewaens maak nie.

Oom Hendrik se gunsteling- tydverdryf is die maak van model-ossewaens, -diere en -plaasgereedskap.

En boonop is dié miniatuur-modelletjies presies op skaal gebou én in 'n werkende toestand.

Met kennershande omskep hy die growwe stukke Jakarandahout in kunswerke.

Volgens oom Hendrik neem dit hom sowat drie weke om 'n eenvoudige modelwaentjie te voltooi.

"Ek bou basies uit geheue uit. As kind het my pa, 'n plaasboer van die omgewing, met sulke gereedskap gewerk. Maar als werk. Op die kakebeenwaens het ek selfs remskoene op die wiele gesit," vertel hy.

Die versameling modelle, wat die afgelope agt jaar gemaak is, sluit in skoffelploeë, skaarploeë, 'n windpomp en 'n volledige plaashuis - met selfs skottelgoed in die wasbak, 'n stampboor en planter.

"Dit het my maande gevat om die stampboor klaar te maak. Die detail is soveel dat ek maar gereeld dit eers neergesit het om weer geduld bymekaar te skraap. "En nodeloos om te sê, werk selfs hierdie model presies soos wat sy werklik boetie sal doen," het hy gesê.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------

Pierre Leroux - founder of Socialism. Boussac, Creuse, Central France

Hierdie is 'n foto van die standbeeld van Pierre Leroux op 'n plein wat na hom vernoem is in Boussac, Frankryk. Hy was die vader van sosialisme. Hy was 'n humanis en filosoof wat in die middel 1800s bedrywig was.

Weet enigiemand van nog standbeelde van Le Rouxs?