Le Roux-bond Erfenisdag 2008
Die Bestuur van die Le Roux-bond nooi u hartlik uit na die Erfenisdagviering op Woensdag 24 September 2008, te Slanghoek Bergoord. Bring die kinders ook saam en pak desnoods 'n piekniekmandjie vir hulle.
Program besonderhede:
10h00 Tee en Verwelkoming
Ons deel kultuur/erfenis, gasspreker en gesellige samesyn.
12h15 Heerlike middagete
Drinkgoed is ingesluit. Tafelwyn is egter te koop of u kan eie wyn saambring.
Koste R60 per persoon..
RSVP voor Saterdag 20 September 2008 sodat ons kan weet vir hoeveel mense om klaar te maak.
Kontakpersoon: Niël le Roux tel. 021-5582900
Roetekaart: Hou by Goudini Spa verby, op Slanghoekpad, gaan Slanghoek kelder verby vir ongeveer twee kilometers waar die Bergoord aan regterkant sal wees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die 2007 saamtrek van die Bond is soos in die verlede op Erfenisdag gehou. Dit is op die plaas Langverwacht van Fanie le Roux gehou. Langverwacht is in die Kuilsrivierdistrik. Die byeenkoms is deur 38 lede en hul gesinne bygewoon.
Ons voorsitter Niel le Roux het die verrigtinge begin met 'n skriflesing en 'n toespraak waarin hy die belangrikheid van erfenisbewaring beklemtoon. Hy verras ons toe deur blaadjies uit te deel met tradisionele liedjies op, waarna ons onder leiding van Hermien le Roux jare teruggevoer is met die sing van liedjies soos Dis heerlike lente en Die Oukraalliedjie. Niel het die vorige twee voorsitters, dr. Willem en Oom Jean verwelkom.
Die verrigtinge is afgesluit met 'n heerlike ete.
----------------------------------------------------
Die 2006 saamtrek van die Bond is op Erfenisdag Sondag 24 September 2006 in die Paarl gehou. Eers is die erediens in die historiese Strooidakkerk bygewoon, waar die lede deur Ds Danie Luckhoff verwelkom is. Ons voorsitter Niel le Roux het ook 'n kort bekendstelling van die Bond aan die gemeentelede gedoen.
Daarna is middagete in die De Oude Renbaan klubhuis deur 32 lede bygewoon. Twee van die oud- voorsitters, Willem le Roux en Jean le Roux, het ook die geleentheid bygewoon. 'n Afskeidsgeskenk is by die geleentheid aan die vorige voorsitter, Jean le Roux, oorhandig.




